Die 19-jarige sanger het uitgehaal vir ’n spogeiendom in Kanada vir sy pa, halfsussie  Jazmyn (5) en driejarige halfboetie Jaxson, omdat hy wil hê hulle moet in ’n mooi huis woon.

“Justin wil seker maak sy halfbroer en-sussie woon in ’n mooi huis en het ’n koel R8,5 miljoen kontant betaal vir ’n vyfslaapkamerhuis in Ontario waar hulle saam met hul pa woon.”

Die mooi herehuis is in die wildernis in die platteland in Ontario met ’n bevolking van net 8 000 mense. Dit lyk of die sanger agter die treffer Beauty and the Beat wil hê die bure moet weet sy pa is hul buurman, want hy het die familienaam op die posbus laat aanbring.

Justin – wat vroeër vanjaar met Selena Gomez uitgemaak het – het glo onlangs R1 miljoen ($10 000) in minder as 90 minute by ’n ontkleeklub in Houston, Texas geblaas. Sy ma, Pattie Mallette, het onlangs erken dis “moeilik” om hom toe te laat om foute te maak. “As jou kind ’n sekere ouderdom bereik, verander jou ouerskapstyl en dis moeilik om dinge net daar te laat.”