11:14pm 08/05/2013

Justin Bieber sal binnekort hoor of hy vervolg gaan word omdat hy na bewering in Maart op sy buurman gespoeg en hom met die dood gedreig het. Dit was glo nadat dié hom aangespreek het omdat hy rondjaag met sy Ferrari in hul omheinde woonkompleks.

Die distriksprokureur van Los Angeles besluit nog of die 19-jarige Kanadese ster aangekla moet word vir die voorval in Maart buite sy huis in Calabasas, nadat sy buurman hom daaroor gekonfronteer het dat hy met sy Ferrari in hul omheinde woonkompleks jaag.

Los Angeles se polisie het die saak ondersoek en die lêer Dinsdag 7 Mei na die distriksprokureur gestuur, volgens die skinderwebtuiste TMZ.com.

Bronne in die polisie het gesê die ondersoekers noop aanklaers om die Beauty and a Beat-sanger van aanranding aan te kla en meen hy moet gelas word om berading vir swak gedrag te kry, pleks van tronkstraf.

’n Bron het gesê die ondersoekers is bekommerd dat Justin óf “op sy alie gaan kry” óf “iemand R18 miljoen in die hand gestop gaan word” tensy die sanger leer om sy humeur te beteuel.

Die distriksprokureur sal na verwagting binnekort ’n besluit oor die saak neem.

Justin het voorheen ontken hy het op sy 47-jarige buurman gespoeg of gedreig om hom dood te maak nadat hy oor “roekelose bestuur” in hul straat aangespreek is.