Justin Bieber (19) het Dinsdag 4 Junie tot vyfuur die oggend in die nagklub Mansion in Miami, Florida, partytjie gehou.

’n Bron het aan People.com gesê: “Justin het om 03:45 met drie nutsvoertuie vol vriende daar aangekom, onder andere die Young Money-kunstenaar Lil Twist (20).

“ ’n Groep meisies het Justin omring; hulle het ál meer geword. Hy het veral met een meisie gepraat, maar ook tyd daaraan bestee om teksboodskappe te stuur en die musiek op die verhoog te geniet.

“Hy het gebly tot die ligte die oggend vyfuur afgeskakel is en Mansion toegemaak het.”

Die groep het die aand in die BBP-area deurgebring, waar die minderjarige sanger aan water geteug en na verhoogoptredes van Rocko, Pleasure P en Flo Rida gekyk het.