Volgens die polisiehoof, Antonio Ricardo, het beamptes die 19-jarige Boyfriend-sanger by sy woning probeer opspoor ná die voorval, maar hy het toe reeds die land verlaat, wat beteken hy word nou deur inhegtenisneming in die gesig gestaar as hy weer Brasilië toe gaan.

Graffiti is ’n strafbare oortreding in Rio de Janeiro. Oortreders kan drie maande tot ’n jaar tronkstraf kry. Justin was saam met sy lyfwagte en ’n vriende toe hy strokiesagtige prentjies en frases soos ‘Beliebers 4 life’ en ‘respekteer privaatheid’ op die muur van ’n privaat eiendom in die spogbuurt São Conrado aangebring het.

Luidens berigte het plaaslike fotograwe wat foto’s wou neem die polisie gebel nadat hulle glo deur lede van Justin se gevolg aangeval is. Een beweer Justin se lyfwagte het sy klere van sy lyf afgeskeur, en nog een het gekla sy motor is met bakstene bestook wat hulle uit die sypaadjie geruk het.

Justin het glo die middelvinger gewys en op fotograwe wat hom wou afneem, geskree: “Suig my ****.”  Die ster het ook die tonge laat klap nadat hy gekiek is waar hy ’n bordeel met twee vroue tydens sy besoek aan Brasilië verlaat.