Die 20-jarige sanger was die tweeuur Dinsdagmiddag naby die restaurant Bouchon in ’n Escalade-motor toe dit na bewering met ’n BMW bots wat uit ’n parkeergarage getrek het. Niemand is beseer nie.

’n Ooggetuie het aan die skinderwebtuiste TMZ.com gesê die Confident-sanger – wat nie die motor bestuur het nie – was nie van stryk gebring nie en het amper onmiddellik ná die ongeluk in ’n ander motor geklim en aangery.

Die bron het gesê Justin se Escalade is ten tye van die ongeluk deur ’n steelfotograaf gejaag. Die BMW het hom voor die botsing misgis met sy spoed.

Die Kanadese ster het onlangs in twee nuwe eiendomme in die spogbuurt getrek. Dit is berig dat die polisie al twee keer na sy woonstelle ontbied is weens sy beweerde gefuif.

Justin en sy aan-af-meisie, Selena Gomez, het onlangs weer versoen geraak nadat hulle in 2010 begin uitgaan het, maar die 21-jarige sanger wil hierdie keer dinge rustiger vat.

’n Bron het gesê: “Sy is steeds lief vir hom. Dit is moeilik vir haar om aan te beweeg, want hulle het so ’n lang geskiedenis.

“Jy kan nie daardie gevoelens net agterlaat nie; daar is te veel.”