Justin Bieber is glo in ’n klompie “ongemaklike posisies” saam met twee ontkleedanseresse afgeneem.

Die 19-jarige sanger is glo laas November deur ’n veiligheidsvideo afgeneem in ’n ontkleeklub in Queensland, Australië. Daarop word gewys hoe hy die “kaal boude van die vroue piets” en “hul broekies met sy tande aftrek”, berig RadarOnline.com.

’n Fotobeeld uit die 12 minute lange “glashelder” video wys die sanger van Beauty and the Beast, met sy bofbalpet agterstevoor op sy kop, en twee bostuklose vroue. ’n Veiligheidswag staan naby hulle. Die video is glo teen ’n “fortuin” aan verskeie media te koop aangebied.

’n Bron het aan die webtuiste vertel die sanger “vang kaperjolle aan saam met twee ontkleedanseresse, waartydens hy hulle op die sitvlak klap en hul broekies met sy tande aftrek”.

Justin en sy vriend Khalil Sharieff is ook onlangs afgeneem terwyl hulle op ’n partytjie die tepels van ’n bostuklose ontkleedanseres lek.

’n Bron het aan TMZ vertel die vrou, wat glo “oud genoeg is om Justin se ma te wees”, is gehuur vir ’n optrede vir die tienerster en sy vriende op ’n partytjie in ’n opnameateljee in Los Angeles.