Justin Bieber se geliefdes is so bekommerd oor hom, hulle moedig hom glo aan om rehabilitasie te kry.

Die Heartbreaker-sanger se geliefdes raai hom glo aan om behandeling vir sy beweerde dwelmgebruik en gedragsprobleme te kry nadat die polisie Dinsdag ’n klopjag uitgevoer het op sy huis in Calabasas, Kalifornië.

’n Bron het aan die skinderwebtuiste RadarOnline.com gesê Justin se vriende en familie is “diep bekommerd”, maar die 19-jarige ster is glad nie van plan om hom te laat opneem nie.

’n Ander bron het gesê: “Die mense wat vir Justin omgee en wat die naaste aan hom is, wens hy wil dit oorweeg om hulp te kry.”

’n Bron het voorheen beweer Justin se aan-af-meisie, Selena Gomez (21), het hom gevra om woedebestuurklasse te loop nadat hy hom ’n hele paar keer sleg gedra het. Hy het onder meer verlede week sy bure se huis met eiers bestook en dié kattekwaad het tot die klopjag op sy huis gelei.

’n Bron het onlangs gesê: “Selena is ’n outydse, Suidelike meisie van Texas en glo in maniere en goeie gedrag. Sy het vir Justin gesê hy moet hom regruk as hy wil hê hulle moet mekaar weer gereeld sien.

“Selena is op haar eie en wat sy ‘op die regte koers’ noem, maar sy voel steeds tot Justin aangetrokke. Sy wil net ’n paar dankies (en) assebliefs en goeie gedrag hê as dinge dalk weer ernstig raak.

“Sy het vir Justin gesê hy kort hulp met woedebestuur en moet klasse daarin loop.”