Tydens ’n verhoor in Miami het die Kanadese popster, wat nie teenwoordig was nie, ingestem tot die pleitooreenkoms. Dit het die ernstiger aanklag van bestuur onder die invloed laat vaar.

Tesame met die kursus van 12 uur het Justin ook ingestem om sowat R550 000 aan liefdadigheid te skenk [make a 50,000 dollar charitable contribution].

“Mnr. Bieber se saak is afgesluit,” het Justin se prokureur, Howard Srebnick, gesê. Hy het bygevoeg: “Ons is verlig dit is verby.”

Justin is in hegtenis geneem nadat hy en sy vriend Khalil Sharieff na bewering met sy Lamborghini aan padresies deelgeneem het. Justin het ook na bewering sterk taal tydens sy inhegtenisneming gebruik.

Die polisie sê die 20-jarige sanger het erken hy het dagga gerook en die voorskrifmiddel Xanax geneem.

Die popster het in die afgelope tyd baie met die gereg gebots.

In Julie is hy twee jaar proeftyd opgelê nadat hy sy bure in Los Angeles se huis met eiers bestook het.

Hy is beveel om gemeenskapsdiens te verrig, by ’n woedebeheerprogram aan te sluit en die eienaars van die beskadigde huis sowat R880 000 [$80,000] skadevergoeding te betaal.

Hy is ook verhoorafwagtend in Kanada nadat hy na bewering verlede jaar ’n limousine-bestuurder aangerand het.