8:39pm 06/05/2013

Die vervaardigers wil glo bitter graag hê dié vier moet die huidige beoordelaars, Mariah Carey, Nicki Minaj, Randy Jackson en Keith Urban vervang nadat die kykertal drasties gedaal het.

’n Bron het aan RadarOnline gesê: “Dit was ’n dooie seisoen vir Idol. Almal wat aan die program werk is bewus daarvan; daarom werk die vervaardigers hard om groot name vir die 14de seisoen te verseker. Daar is meer drama agter die skerms as op die verhoog. Dis hoekom daar ’n groot oormaaksessie beplan word.

“Een van die tekens dat iets skort, was toe Mariah en Nicki se bakleiery op die internet uitlek en ’n hoogtepunt geword het, selfs nog voor die seisoen uitgesaai is. Die vervaardigers wou dié opwinding in die program herskep, maar vergeefs, want die publiek val nie daarvoor nie. Daar is nie ’n lekker vonk tussen die beoordelaars nie en daar is geen deelnemers wat die oog vang nie.

“Dis hoekom hulle vir die volgende seisoen alles wil uithaal en jy kry nie gewilder as Justin Bieber nie. Die grootbase noem dit hul droomspan, want wie sal dan nou nie wil inskakel om Justin en Selena, Pink en Diddy te sien nie?

“Pink is al genader, maar het nee dankie gesê. Diddy het ook al die versoek afgekeur; hy wou te veel geld hê. Dit gaan hulle ’n fortuin kos om die sterre te kry, maar die program is so afgesaag dat Fox met alle geweld nuwe lewe daarin wil blaas. Hulle sal groot geld uithaal om Idols weer gewild te maak.”

Volgens die bron is die aanbieder Ryan Seacrest al wat beslis volgende jaar terugkeer. “Idol is nie meer die gewilde program wat dit was nie – dis nie koel nie en raak vervelig. As die vervaardigers hul sin kry sal Justin, Selena, Pink en Diddy volgende seisoen se beoordelaars wees en dit is ’n magtige groepie wat almal sal wil sien.”