Kan jy glo ons het gedink hulle is aartsvyande! Justin Bieber (20) en Austin Mahone (18) werk saam in ’n ateljee aan ’n duet.

Biebs het ’n foto op Instagram gedeel van hulle twee met die byskrif, “Nuwe musiek # YMCMB”. Die Amerikaanse rappers Birdman en Mack Maine is ook op die foto te sien.

Wonder jy dalk ook hoekom die twee saamwerk aan ’n nuwe snit? “Hulle respekteer mekaar se musiek,” het ’n bron aan E! News vertel.

“Hulle werk baie met dieselfde platevervaardigers en Justin het geweet Austin werk in die ateljee aan ’n nuwe album. Justin het ’n liedjie gehad wat hy gedink het perfek saam met Austin sal werk.” Is jy net so opgewonde soos ons om dit te hoor?