Die 19-jarige sanger het van Colorado na Miami gevlieg vir sy pel Lil Scrappy se verjaardagpartytjie, en toe eers afgesit na die Mansion-nagklub, voor hy ’n paar uur later die King of Diamonds Gentleman’s Club besoek het.

’n Woordvoerder van die klub het aan die webtuiste TMZ gesê die Baby-sanger het meer as R800 000 gehad en “handuit geruk”.

Dis nie die eerste keer dat Justin ’n ontkleeklub besoek nie. ’n Danseres in ’n kroeg in Houston, Texas, het in Oktober gesê hy en die bokser Floyd Mayweather het ’n draai daar gemaak.

Sy het onder die naam DiamondsR4Ever getwiet: “@justinbieber was vanaand hier! Hy het aan my boude gevat. Ek het amper flou geval! Ek het al vir baie bekendes gedans en hulle bring my nie gewoonlik van stryk nie, maar Justin het my geskok. Ek is nou ’n @justinbieber-aanhanger.”

Die Kanadese sanger het die wenkbroue laat lig met sy gefuif in nagklubs vir mense bo 21, en die sanger van die treffer Beauty and a Beat se ma, Pattie Mallette, het onlangs erken dis vir haar moeilik om toe te laat dat hy sy eie foute maak.

“Wanneer jou kinders ’n sekere ouderdom bereik, verander jou ouerskapstyl en ’n mens laat moeilik los. Sy lewe was my lewe, en ek moes hom nou laat gaan en onafhanklik laat wees. Dis moeilik om nie alles te kan beheer wat jou volwasse kind doen nie.”