justin3

Die 19-jarige sanger het sonbaaiers op die swembaddek by die Hyatt Regency-hotel in Perth Sondag geskok toe hy ’n “pragtige” aanhanger oor haar kurwes spot.

“Daar was vier jong meisies in bikini’s,” het Helen Robinett, ’n hotelgas, aan die webtuiste news.com.au vertel. “Daar was ’n pragtige meisie met lang donker hare wat omtrent ’n no. 14-grootte was. Justin het na haar gekyk en gevra: ‘Is jy van Hawaii of iets?’ Sy het geantwoord: ‘Nee, ek is nie.’ Toe sê hy: ‘Jy lyk na ’n uitgespoelde walvis.’ Die meisie het hom gevra: ‘Is jy ernstig?’ Waarop hy geantwoord het: ‘Jy moet in The Biggest Loser gaan verskyn.’

“Almal daar het gehoor hoe hy die pragtige jong meisie ’n uitgespoelde walvis noem. Ek het by die hotel daaroor gaan kla en hulle het gesê die meisie is oukei en is ’n aanhanger. Hy is niks sonder sy aanhangers nie. En hy misbruik hulle. Die meisie langs my het gesê: ‘Ek kan nie glo hy het dit nou net gesê nie, hy is my held.’ En ek sê toe: Wel, dis tyd vir ’n nuwe held.”

Helen het ook die ster, wat die gim en swembad die vorige dag laat sluit het vir privaat gebruik, gekritiseer vir sy onverantwoordelike streke voor jong kinders. “Daar was twee seuntjies wat dit gate uit geniet het by die swembad en Justin het gesê: ‘Hei, ouens, moenie maak soos ek maak nie,’ en toe in die swembad gespring. Hy het dit twee keer gedoen.”