Die 19-jarige besit verskeie motors, maar sy gunsteling is ’n Fisker Karma, ’n elektroniese motor wat hy op sy 18de verjaardag gekry het by sy bestuurder, Scooter Braun. Hy was benoud toe hy hoor die vervaardiger is in die nood en oorweeg nou om te help, veral omdat hul beplande nuwe motor sy droomkar is.

“Justin is bekommerd dat hy nie sy huidige Fisker sal kan laat herstel as hulle nie meer bestaan nie en hy wil baie graag die volgende model koop, wat glo ’n Batmobile gaan wees,” het ’n bron aan The Sun gesê.

“Hy het vir sy werknemers gevra om hom op die hoogte te hou en wil help met ’n reddingsboei, al wil sy span nie hê hy moet onverstandig belê nie.”

Die Boyfriend-sanger het verlede jaar ’n spoedboete gekry nadat die polisie hom op die 101 Southland-hoofweg naby Calabasas, Kalifornië, afgetrek het toe hy 160 km per uur met sy Fisker Karma gery het.

Dis ’n hibriede motor wat in Finland vervaardig word en R900 000 kos. Die silwerkleurige motor het ’n topsnelheid van 200 km/h en kan 96 km/h binne 6,3 sekondes bereik.

Justin het homself ook bederf met ’n Range Rover van R1,4 miljoen wat ’n klankstelsel van R700 000, leersitplekke, spesiale verfwerk en ’n Cosworth-enjin het.

Hy besit ook ’n Cadillac met ’n Batman-tema en ’n Ferrari.