Van eenkant-kind tot ster tot gesinsman: Nou kap Jurie Els ander SA sangers in ’n bitter outobiografie.

PATRICIA LEWIS en Mark Whitfield se troue was die geleentheid vandie jaar–maar Jurie Elswas nie genooi nie.

En dit was vir die sanger ’n reuse klap in die gesig. Hulle was dan ou “sangmaatjies’’...

Hierdie afjak het net weer al die ou wonde van die verlede kom oopkrap, vertel Jurie openhartig in sy outobiografie, Ver van Vrede.

“Ek dink aan al die danspartytjies op hoërskool en hoe ek gewoonlik uitgesluit was,” skryf hy in die boek wat pas verskyn het.

“Ek onthou die vernedering toe die kaartjies net voor pouse uitgedeel is en ek altyd maar vergeefs moes wag.”

So het hy toe maar besluit om die reünie van die matrieks van 1981 van die Hoërskool Vrede liewer nie by te woon nie, want “die klieks van die verlede het nog te veel by my gespook’’.

Pleks van saam met die ander jong mense partytjie te hou, het die eenkantplaasseun destyds foto’s van sangers in sy album geplak en daarvan gedroom om eendag ’n popster te word. Sonja Herholdt was vir hom ’n engel, vertel hy.

Tussendeur het hy sy hart ’n paar keer op ’n afstand verloor – onder andere op sy gr. 4-onderwyseres, juffrou Sandra Minnie, oor wie hy hom dood getreur het toe sy later getrou het.

Daar was ook Gwynneth Joubert, ’n 11-jarige sangeres van Randfontein aan die Wes-Rand, en Karen de Kock, die kinderster van die fliek Vang vir My ’n Droom.

Hy het haar destyds nooit ontmoet nie, maar dié fantasieliefde het so by hom bly spook dat hy haar 28 jaar later begin soek en uiteindelik ná drie decades ontmoet het.

Maar dit het gelyk asof die liefde vir die bleeksiel vanVrede altydmaar net ’n droom sou bly, onbereikbaar ver.

Afgesien van ’n taamlik ernstige verhouding met ’n Engelsjuffrou wat saam met hom op Vrede skoolgehou het toe albei 22 jaar oud was, het Jurie tot kort duskant sy 40ste verjaardag min geluk met die vrouegeslag gehad.

In sy vroeë 30’s was hy ook selibaat. Seks was vir die huwelik, het hy geglo.

Maar sy lewe het totaal verander toe die hoogspringkampioen Hestrie Cloete in die laat 90’s een van sy talle aanhangers geword het.

Lees meer onthullings uit Jurie Els se outobiografie in die Huisgenoot van 16 September 2010