Jennifer Lopez en die voormalige bofbalspeler Alex Rodriguez is glo ’n paartjie. Die 47-jarige sanger het vir ’n rukkie met die rapper Drake uitgegaan, maar het nou glo ’n romanse met Alex – wie se ekse onder andere Madonna, Kate Hudson en Cameron Diaz insluit – aangekoop.

“Hulle gaan al ’n paar weke lank uit,” het ’n bron aan People.com gesê. “Jennifer lyk opgewonde. Hy het al saam met haar familie gekuier en sy hou van die feit dat hy ’n pa is. Sy is egter bewus daarvan dat hy ’n rokjagter is en is versigtig. Vir eers het hulle net pret. Sy’s ’n losloper en geniet dit om op afsprake te gaan.”
Jennifer het ’n negejarige tweeling, Max en Emme, uit haar huwelik met Marc Anthony.

Oooohhh yeaaaahhhh... #coconutsandwich #mybabies #LOVE

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

Alex is die pa van Natasha (12) en die agtjarige Ella by sy eksvrou Cynthia Scurtis.

A post shared by Alex Rodriguez (@arod) on

’n Verteenwoordiger vir Alex, bekend as A-Rod, en Jennifer se woordvoerder het nog nie kommentaar gelewer oor die ontluikende romanse nie. Alex (41) het onlangs weer ’n losloper geword nadat sy verhouding met die sakevrou, Anne Wojcicki, in Februarie ná ’n jaar beëindig is.

Dis Jennifer se eerste romanse sedert haar en Drake se paadjies geskei het. Maar ’n bron het aan People.com gesê Jennifer sowel as die 30-jarige rapper het geweet dis net ’n kortstondige affêre. “Dit was en is pret wanneer hulle mekaar sien. Hulle hou van saam uithang en musiek maak. Sy het baie respek vir hom en sy talent en hy vir haar.” Jennifer het ’n rits verhoudings met jonger mans agter haar naam – haar ekskêrel Casper Smart is 29. Maar sy het onlangs in ’n onderhoud met Ellen DeGeneres gesê ouderdom is nie iets waaraan sy dink wanneer sy ’n verhouding begin nie.

Fall but feels like winter

A post shared by Jennifer Lopez (@jlo) on

“Wag ’n bietjie, ek gaan nie net met jonger mans uit nie! Ek dink nie mans moet jonger wees nie. Dit gaan nie daaroor nie. Dit het niks met ouderdom te doen nie! Dit hang af of ek aangetrokke voel tot sy gees, sy siel, sy wat ook al . . . sy energie.”

© Cover Media