Dit sou nie noodwendig ’n probleem gewees het nie, maar die lenige model was salig onbewus daarvan dat die boom giftig is!

Jenna het op sosiale media ’n foto gedeel van haar en die kletsrymer Jack Parow se vierjarige dogter, Ruby.

Daarop lê sy met ’n pleister op haar oog. Sy het ook meer vertel oor die fratsongeluk.

Lees ook: Jack Parow se dogter kappit yt op pa se musiek

Dit het verskriklik gebrand, sê sy. Gelukkig hoef sy nie lank met dié gedoente op haar gesig rond te loop nie, en “die letsels sal genees”.

En wat het sy hieruit geleer? “Dra ’n beskermende bril wanneer jy in die tuin werk!”

Dit lyk darem of klein Ruby na Mamma sal omsien. Hoop dit raak sommer gou gesond, Jenna!

Bron: Instagram

Ander stories op Huisgenoot.com:

Opvallende agterstewe omskep vrou in Instagram-sensasie

Kit Harington en kie gaan ’n klein fortuin verdien vir die volgende Game of Thrones-seisoen

Hierdie ontsettend suksesvolle filmreeks is presies 15 jaar oud!