Sy het Woensdag in Londen op vanjaar se WE-dag pynlike herinnerings uit haar jeug gedeel van hoe sy genadeloos deur wrede skoolmaats oor haar liggaam geterg is.

“Ek het myself altyd met ander vergelyk,” het Kate (41) gesê. “Ek is op skool geboelie. Hulle het my ‘drillerig’ genoem en my geterg omdat ek wou toneelspeel.

“Hulle het my in die kas toegesluit en vir my gelag. Ek was nie die mooiste (meisie) nie. Daar is selfs vir my gesê dat ek gelukkig sou wees in my toneelspel as ek rolle vir vet meisies sou aanvaar. Dit het my altyd bygebly.”

Selfs ná skool het Kate nooit goed genoeg gevoel nie. Selfs toe sy oudisies vir rolle begin aflê, het regisseurs glo aan haar gesê sy is net nie waarna hulle soek nie.

“Hierdie onvriendelikheid het my absoluut afskuwelik laat voel.”

Kort nadat Kate ’n groot deurbraak in haar akteursloopbaan gemaak het, het sy na haar tuiste teruggekeer. Sy het een van haar skoolboelies in een van die afdelingswinkels aangetref; besig om skoonheidsprodukte te verkoop.

“Ek het na haar toe geloop en gesê: ‘Ek wil jou bedank dat jy so ’n feeks was, want dit het my baie sterker gemaak.’ ”

© Cover Media