Tydens die Romeinse republiek (omstreeks 500 v.C.) is paaie gebou om die vervoer van sout te vergemaklik.

In antieke Griekeland is slawe geruil vir sout. Dit het aanleiding gegee tot die uitdrukking “Hy’s nie sy sout werd nie” wanneer iemand iewers tekortskiet aan verwagtings. Romeinse soldate is in sout betaal – salarium; vandaar die woord “salaris”. Maar wat het Dino Tomic met sout uit te waai? Dié kunstenaar wat in Noorweë woon maar oorspronklik van Kroasië af kom, het ook onlangs ’n ruiltransaksie met sout aangegaan: sy potlode en papier vir sout. Nou skep hy ongelooflike en ingewikkelde kunswerke wat uit mandalas (geestelike simbole in Indiese godsdienste wat die heelal voorstel), diere en mense bestaan.

A photo posted by Dino Tomic (@dinotomic) on
Selfs Game of Thrones-karakters kry sy “gesoute behandeling”.

A video posted by Dino Tomic (@dinotomic) on

En as sy kunswerk klaar is, doen hy dit daarmee:

A video posted by Dino Tomic (@dinotomic) on

Een van Dino se mandalas het byvoorbeeld meer as 25 uur oor drie dae geduur om te voltooi. Hy is oortuig daarvan dat dit die grootste soutmandala ter wêreld is. Kyk hier hoe hy vernuftig sout sprinkel om dit te skep.

Nuuskierig om te sien hoe vaardig hy met potlood en papier was voordat hy die sout nadergetrek het? Hier is ’n skets wat hy met die beskrywing “Ouma” op Instagram gedeel het.

A photo posted by Dino Tomic (@dinotomic) on

Bronne: seasalt.com, wikipedia.com, salt.org.il, smartsalt.rsconsulting.fi, abc7news.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Hartbrekende nuus vir Taylor Swift

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Prinses Charlene word weer tannie – kyk dié skattige foto’s!

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

#SpeelSaam: Kyk of jy 10 verskille tussen die twee foto’s kan raaksien