Almal weet dit help om vroeg uit die vere te wees sodat jy daardie ekstra bietjie gedoen kan kry voor die dag volstoom begin.

[caption id="attachment_124530" align="alignnone" width="600"]Die openbare beskermer is soggens drieuur al uit die vere. Foto Dino Codevilla Die openbare beskermer is soggens drie-uur al uit die vere. Foto Dino Codevilla[/caption]

Maar wag tot jy hoor hoe vroeg die openbare beskermer, Thuli Madonsela, aan die gang is. “Ek staan gewoonlik soggens om drieuur op,” het Thuli aan Huisgenoot gesê. “Wanneer ek besondere druk spertye het, dalk al tweeuur.”

Dan bid sy 10 minute lank en mediteer 20 minute lank. “Ek maak tee – gewoonlik mentgeur – en lees dan iets wat my geestelik opbou, wysheid gee of motiveer. As ek glo die boodskap kan ander help, deel ek dit of ’n inspirerende aanhaling met mense wat my op Twitter volg.”

Lees ook: Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Thuli werk dan tot halfses aan ’n verslag of soms ’n toespraak en sal tussendeur aandag gee aan haar e-posse. In dié tyd stuur sy ook vir haar kinders en soms vriende ’n inspirerende boodskap. “Dan gaan stap of draf ek 'n uur lank of doen binnenshuise oefening. Daarna bad ek en maak gereed vir werk.”

Daar het jy dit: Suid-Afrika se openbare beskermengel glo beslis nie daaraan om ’n laatslaper te wees nie!

Lees ook op Huisgenoot.com:

Oefening douvoordag hou jou viets

Is Brendan Peyper se dae as enkellopende geskiedenis?

O Vet! Bertha le Roux is klaar met dieetfoefies, aanvaar sy ‘sal nooit rietskraal wees’

Om huis skoon te maak was nog nooit só maklik nie