Vandag is Julius Malema egter nie meer ’n grap onder ANC-leiers nie, maar ’n nagmerrie wat dreig om die regerende party se leierskap te ondermyn.

Die omstrede Economic Freedom Fighters se leier het teen vanoggend omstreeks sewe-uur reeds sy plek in die parlement verseker en het sowat 4% van die nasionale stemme sover verwerf.

Dali Mpofu, die EFF se premierskandidaat in Gauteng, het aan News24 gesê die party is vol vertroue dat hulle onder die top drie partye in die land kan eindig.

- Mieke Vlok

Bronne: OVK, Twitter.