Nancy het glo in haar selfmoordbrief vertel hoe sleg Julia haar behandel het.

Die Pretty Woman-ster se “bitsige woorde” tydens haar huldeblyk by Nancy se gedenkdiens in hul tuisstad, Smyrna, Georgia, het rouklaers behoorlik onkant gevang en geskok.

Almal was stomgeslaan toe Julia sê sy wil “net Nancy se nek ‘omdraai’ omdat sy nie gewag het om die vreugde te geniet wat die oggend sou bring nie”, vertel een wat daar was.

“Maar hulle was nog meer geskok toe sy sê sy bewonder eintlik Nancy vir wat sy gedoen het!”

Arme Nancy draai seker in haar graf om. Haar verloofde, John Dilbeck, sê juis sy sou Julia nooit by haar gedenkdiens wou hê nie. John sê hy en ander hegte vriende van Nancy is ook nie na die diens genooi nie.

“Dit het my baie frustreer en seergemaak,” sê hy.

Julia se ewe bekende broer, die akteur Eric Roberts (58), was ook nie by die gedenkdiens nie.

BRONNE: RADARONLINE.COM, NATIONAL ENQUIRER, DAILYMAIL.CO.UK