Julia Roberts glo alle boelies is ?droefgeestig en bejammerenswaardig”.

Die aktrise van Pretty Woman is ’n vurige ondersteuner van die Gay, Lesbian & Straight Education Network (GLSEN), net soos George Clooney, haar Hollywoodse medester. Hulle samel geld in vir die liefdadigheidsorganisasie deur middagetes op te veil en hoop om so ’n boodskap van aanvaarding en deernis te versprei.

?Dit kom alles neer op die heel eenvoudigste ding: behandel ander mense soos wat jy self graag behandel wil word,” het sy aan die tydskrif People gesê. “Mense wat werklik verskriklik onvriendelik is, is dié wat in der waarheid niks weet van dit waaroor hulle praat of van die mense van wie hulle praat nie. ?Die manier waarop die boelie ook al voorgee om groot en sterk te lyk, is net so treurig en bejammerenswaardig as wat hy in werklikheid is. Die besef dat dit niks met jou te doen het nie, is belangrik, want dit gaan eintlik oor die mens wat wreed en ongevoelig is, en dit is die mens wat met die verwarring en probleme worstel.”

Sy glo wel die samelewing begin nou diversiteit te omarm

Sy glo onkunde is die wortel van alle diskriminasie, en sy is dol daaroor dat GLSEN eintlik gaan oor die opvoeding van mense sodat hulle verdraagsamer kan word. Die feit dat dit op kinders van skoolgaande ouderdom fokus, vind weerklank by Julia.

Sy en haar man, Daniel Moder, maak die 10-jarige tweeling, Hazel en Phinnaeus, sowel as Henry, hul agtjarige seun, groot, en hoewel hulle nie aktief betrokke is by die liefdadigheidsorganisasie nie, probeer sy die beginsel aan haar spruite oordra.

?My buitenshuise aktiwiteite is nogal effens oninteressant, tensy sokkerswedstryde daarby ingereken word, maar ons praat vir seker oor die konsepte van vriendelikheid en begrip ten opsigte van verskille,” het sy glimlaggend gesê.

?Kinders wonder oor so baie dinge en alles handel oor liefhê en om liefgehê te word. Hulle is fantastiese leermeesters.?

Sy glo die samelewing begin diversiteit omarm en het ’n besonderse bewondering vir Caitlyn Jenner, wat voorheen bekendgestaan het as Bruce en vroeër vanjaar haar verandering van ’n man na ’n vrou onthul het.

?Jy kan sien hoe Caitlyn Jenner begrip by ons gevorm het – vir dit waardeur sy is en dit waardeur sy steeds gaan,” het sy gesê.

© Cover Media