Die onderwyseres, Melissa Kidd (34), het tydens skoolure foto’s van haar borsvergrotingsoperasie – wat voor en na foto’s ingesluit het - op haar iPhone opgeroep en dit met drie tienerjarige leerders gedeel. Maar dit het nie daar gestop nie.

Volgens ‘n dokument wat by die Newport News Circuit Court ingelewer is het Kidd glo ook foto’s van haar genitalië aan een van die tienerjariges gewys.

Die polisie het in April haar iPhone ondersoek vir die foto’s en in Mei ’n lasbrief uitgereik vir ’n tweede ondersoek van die apparaat.

Volgens WTKR se NewsChannel3 het die Woodside High School ’n ondersoek gelas na die bewerings teen Kidd. Die ondersoek is egter op 17 April gestaak toe sy uit haar werk bedank het.

Die polisie gaan egter voort om die saak te ondersoek.

Bronne: Huffington Post, News.com.au