Sy het al op 15 Desember verlede jaar 81 gehaal, maar het nou eers onthul haar dogter, Finty, het vir haar die lyfkuns as ongewone geskenk gekoop.

Judi het besluit om die woorde “carpe diem” op haar pols te laat tatoeëer en het aan die Britse koerant The Mirror gesê: “Dit is my motto: Gryp die dag!

Finty het dit vir my gegee vir my 81ste verjaardag – sy is fantasties wat verrassings betref.

“Jy weet, die geselskap van A Winter’s Tale, waaraan ek destyds gewerk het, het gereken dit beteken ‘vis van die dag’!”

Lees ook: Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit

Die ster het geen geheim gemaak van haar begeerte om haar eerste stukkie lyfkuns te kry nie en sy het lank voor haar groot dag al vertel hoe baie sy van die idee van ’n tatoe hou.

“Ek is lus om ’n tatoeëermerk te kry om my verjaardag te vier,” het sy aan Good Housekeeping vertel. “My dogter, Finty, is gretig dat ek een moet kry. Daar is ’n Indiese simbool waarvan ek hou. Dit beeld glo lewe, liefde, ensovoorts uit.”

Dit is nie vreemd dat Judi ’n Indiese simbool oorweeg het nie.

Sy het baie tyd in die land deurgebring tydens die verfilming van Best Exotic Marigold Hotel en sy vervolgprent, maar sy het destyds erken sy wil ’n tweede mening inwin voor sy op ’n tatoe besluit, ingeval sy iets kry met ’n totaal ander betekenis.

Lees ook: Pa herskep dogter se selfies…kompleet met getuite lippe en haar vele tatoeëermerke!

“ ’n Kameraman wat aan The Second Best Exotic Marigold Hotel gewerk het, het my gesê wat dit beteken, maar ek is effens lugtig, ingeval ek vir die gek gehou word . . . dit kan dalk ongelooflik vulgêr wees,” het sy gesê en gelag.

Judi het in die verlede grappe gemaak oor die moontlikheid van ’n tatoe, en het ’n nagemaakte tatoe as huldeblyk aan die rolprentvervaardiger Harvey Weinstein op haar sitvlak vertoon nadat hy die rol van koningin Victoria in Mrs Brown aan haar toegeken het.

“Hy dink steeds dit is (sy naam) wat getatoeëer is, (maar) my grimeerkunstenaar het dit opgeverf,” het sy gebieg.

© Cover Media