Israel word gereeld deur mense besoek wat op ’n soort Christelike pelgrimstog na plekke gaan waar Bybelse gebeure afgespeel het.

Juanita en Doepie toer tans deur die land onder leiding van dr. Isak Burger,  president van die Apostoliese Geloofsending (AGS), en besoek die vername Bybelse besoekpunte rondom die See van Galilea, Jerusalem en die Dooie See - waar baie van die gebeure in Jesus se lewe afgespeel het.

“Israel bly altyd ’n belewenis! Spesiale tye saam met spesiale mense. Hoop dit gaan goed met almal by die huis! Liefde,” het Juanita hul ervaring op Instagram beskryf.

Sy het in die hutsmerk bygevoeg hulle loop in Jesus se spore en bou ewige herinnerings.

Die aktrise Angelique Gerber en die sanger Bobby van Jaarveld het albei vroeër vanjaar Israel besoek en soortgelyke belewenisse meegemaak.

Yay, another tick off my bucket list: Floating on the dead sea....?????

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Vandag eindig ons toer deur #Israel. Wat ñ belewenis en om dit saam my pa te deel... Kan ek net God eer daarvoor. ?? A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

All South Africans, I know its cold but...Sorry for doing this... Its 47 degrees in #Israel @ the Dead sea. #justhadto #DISWARM

A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on