Die oomblik toe sy bruid saam met haar pa in die paadjie afgestap kom, sal hom altyd bybly.

Op daardie oomblik het die Protea-kolwer JP Duminy (26) se nuwe lewe begin – as man vir sy vrou, Sue Erasmus (26).

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels die paartjie met ons oor die spesiale dag en deel hulle ook hulle troufoto’s.

Sue, wat ’n asemrowende trourok deur Jenni Button gedra het, vertel dit was die beste dag van haar lewe.

Die twee het mekaar meer as twee jaar gelede ontmoet toe Sue, ’n deeltydse model, deelgeneem het aan ’n modevertoning waar die nuwe Protea-klere vertoon is.

Hulle het verlede jaar op ’n romantiese vakansie in die Maledive verloof geraak en oor die wittebrood wat wink kan die twee nie uitgepraat raak nie.

Lees meer in die Huisgenoot van 7 Julie 2011. 

Volg Huisgenoot op Twitter.