JP se vrou, die model en blogger Sue Duminy, het Dinsdag ’n foto gedeel van hul spruit, Isabella, saam met die kajuitpersoneel van ’n Emirates-vlug iewers bokant Skotland.

Die gesin het dié gebied onlangs besoek en ’n draai gemaak by die beroemde Royal Troon-gholfbaan om ’n bietjie die Britse Ope-gholftoernooi dop te hou.

“Ons vier Isabella se 50ste vlug aan boord Emirates,” het ’n opgewonde Sue by die oulike foto geskryf. Klein Isabella, die Dumineys se eersteling, word aanstaande maand ’n jaar oud. Dié jong stralerjakker rits om die wêreld saam haar bekende ouers, al agter JP se krieketverpligtings aan. Sue deel graag foto’s op sosiale media van hul interessante reise en die plekke wat hulle besoek. En duidelik is sy gek daaroor om vir Isabella alte fraai aan te trek tydens hierdie avonture om die aarde.

Celebrating Isabella's 50th flight onboard @emirates .. #futureairhostess

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Great day at the British Open #Golf #BritishOpen #Troon #Scotland

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Flight number #43 #travellingbaby #worldschool

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Bella

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

#TeamDuminy

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on