SATERDAG

JOU DAG

Jy het vandag goeie sterre vir gesprekke en kreatiewe idees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om op hoogte te wees van al die nuutste modes. Skenk in 2016 meer aandag aan ander se menings en gevoelens.

SONDAG

JOU DAG

Ander kan afsydig of ontwykend wees. Fokus dus op persoonlike projekte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan soms baie snaaks wees en weet hoe om in die meeste sosiale situasies op te tree. Maar soms moet jy eers mooi dink voor jy iets doen.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme hou daarvan om te wag, maar wees bewus daarvan dat alles nie is soos dit lyk nie. Kommunikasie sal verwarrend wees en jou sesde sintuig is dalk heeltemal uit. Wees versigtig.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Mercurius wat in jou welstandsone agteruit beweeg, is dit ’n wonderlike tyd om jou eetgewoontes en fiksheidsvlak te hersien. Toets nuwe, gesonde resepte en oefeninge.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie jou styl te veel aanpas nie. Put inspirasie uit die ontslape skrywer Gore Vidal, wie se verjaardag vandag sou wees, se woorde: “Styl is om te weet wie jy is, wat jy wil sê en om nie ’n snars om te gee nie.”

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die naweek is ’n goeie tyd vir werksake met Uranus wat jou kreatiwiteit en netwerkvaardighede verskerp. Kommunikeer versigtig met geliefdes. Behou perspektief.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Voel jy ontsteld, ongemaklik of rusteloos? Probeer om jou naweekroetine so min moontlik te verander en jy sal beter voel. Dis tyd om nuwe kreatiewe idees en innoverende projekte aan te gryp.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy sal die naweek in die openbare oog wees – maak die beste daarvan en span jou talente in. Wees selfversekerd en wys ander wat jy kan doen.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Hou jy aan uitstel? Blameer jy ’n geliefde vir ontevredenheid in die verhouding? Jou naweek sal beter wees as jy probleme proaktief en kreatief oplos.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

As jy ongewoon buigsaam is, sal jy ’n aangename naweek hê en produktief wees. Kreatiewe kommunikasie is die sleutel tot wat jy wil hê – by die werk en in ’n informele situasie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die fokus is die naweek op ander en jy soek wen-wen-oplossings vir huidige probleme. Jy kan enigiets vermag as jy met ander saamwerk.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Wees versigtig met hoe jy met ander praat anders kan jou selfvertroue vir eiewysheid aangesien word. Jou kalm benadering kan as kilheid gesien word.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy die naweek by die huis moet sit, kan jy met tydskrifte, boeke, musiek en inspirerende flieks probeer ontvlug. Met die Waterdraer se verbeeldingskrag kan jy enige plek heen gaan.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie jou asem ophou as jy geld van ander te wagte is nie. Probeer om die balans reg te kry tussen om grootmoedig en prakties te wees wanner dit by raad oor geld kom.