Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die nuwe lewensjaar gaan jy stilhou en jou lewe in oënskou neem. Jy besluit om ontslae te raak van al die rommel wat jy opgegaar het. Dit verwys na materiële besittings sowel as sommige van die vreemde mense in jou vriendekring.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is baie intens. Alles is vir hulle iets dramaties. Hulle is opreg toegewy aan hul familie en beskermend teenoor familielede, veral vroulike lede. Hulle gaan ietwat geneig wees tot oordrewenheid.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou sterre vir vandag dui aan dat iets eindig, maar daar is iets baie vreemds aan hierdie einde. Jy gaan hiervan bewus wees, maar jy gaan nie maklik kan bepaal wat dit is nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Pluto, jou heerser, is in jou derde hoek. Dit lei tot ernstige nadenke. Jy moet ’n besluit neem, maar al die moontlikhede is ewe onaantreklik; hoe nou gemaak? Kies die een wat die minste onaangenaam lyk; dit het die meeste sin.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Geldsake is altyd belangrik vir jou, al probeer jy mense oortuig jy stel meer belang in die esoteriese. Wees liefs diskreet, so nie gaan ander jou bekommernisse agterkom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jou lewe word die afgelope ruk ál meer gevul met rommel, en aangesien Pluto in jou teken is, meen jy jy moet van alles ontslae raak. Ruim gerus op, maar doen dit so dat jy niemand aanstoot gee nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het te kampe met ’n paar dom foute. Dit is niks nuuts nie; dit blyk mense vra jou altyd om dom foute te hanteer, maar nou is van die foute die gevolg van mense wat jou raad gevolg het.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou sterre lyk goed vir tyd saam met vriende en kollegas deurbring. Dit blyk hierdie sterre bring slegte en goeie tye mee. Presies hoe dit sal werk, weet niemand nie, maar jy sal bly wees om die mense te sien wat jy gaan sien.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

In ’n sekere opsig bou daar spanning op. Hierdie spanning is ongewoon in die sin dat dit werk of medewerkers behels. Dit is onduidelik hoe dit alles begin het, maar jou beste keuse is om jou skaars te maak, of om ten minste nie ’n mening te hê nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die goeie nuus is, jou dag lyk meestal goed. Jy gaan take afhandel wat jy gewoonlik nie in een dag kan klaarkry nie; jy gaan ook iemand kan wys net hoe bekwaam jy kan wees. Moet dit net nie te ver voer nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy kyk na jou huishoudelike uitgawes, soos die huur of versekering. Daar is net een ding wat seker is: Jy sal moet geld uitgee. Hierdie rekeninge raak blykbaar nooit kleiner nie.

KREEF (Jun. 22 to Jul. 23)

Vandag kan daar ’n klein gesondheidsprobleem opduik. Gewoonlik het jy net ’n pleister of ’n bietjie Dettol nodig. Hou net enige wonde skoon.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het goeie sterre vir liefde en toegeneentheid, maar omdat jy ’n Leeu is, verwag jy dit. Die goeie nuus is, hierdie sterre gaan jou nader aan die spesiale mens in jou lewe bring. Jy het ook goeie sterre vir tyd saam met die kinders deurbring.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het die dag waarskynlik goed begin. As jy nie het nie, is daar goeie sterre vir ’n geleentheid in die middag, maar jy moet dit so reël dat jou baas jou nie mis nie. Moenie jou bekommer as dit nie werk nie; die sterre sal wag.