Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Jy kan verwag om vandag kreatief en rusteloos te wees. Gebruik jou energie dus gepas.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy lyk baie meer vol selfvertroue as wat jy voel. Dit is die volgende 12 maande tyd om aan die kern van jou selfvertroue te werk.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Onder die Leeu-maan kry jou kreatiwiteit vlerke. Die son en Uranus se ligging moedig jou aan om te improviseer en so spontaan moontlik te wees. Dan sal jou kreatiwiteit ander se aandag trek.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou huis is waar jou hart is. Jy versorg geliefdes en raak verstrengel in allerhande huishoudelike takies. Vind kreatiewe maniere om jou huis ’n gelukkiger en meer harmonieuse plek te maak.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is lus om met ’n verskeidenheid mense by die werk, aanlyn en in jou plaaslike gemeenskap te kommunikeer. ’n Spontane gesprek en onverwagte nuus lei tot ’n aksiebelaaide dag.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Versigtige Krewe, dis nie juis ’n resep vir sukses om probleme te vermy nie. As jy ’n proaktiewe benadering tot kollegiale sake volg en openlik met gesinslede praat, sal jy vinnig vooruitgaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Breek weg van jou normale roetine en doen dinge vandag anders. Dalk kan jy iewers heen gaan waar jy nog nie was nie of die bande met ’n ou vriend van ver optel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

As jy balans tussen georganiseerdheid en spontaniteit kan vind, sal dit ’n produktiewe dag wees. Die omstandighede is gunstig vir gemeenskapsprojekte en om te netwerk.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jou maat kan jou met ’n onverwagte geskenk of ongewone voorstel verras. Enkellopende Weegskale moenie op dieselfde ou plekke liefde soek nie. Probeer baie meer avontuurlustig wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

As jy gedissiplineerd en gemotiveerd is, sal jy jou doenlysie gou-gou afhandel en steeds oorgenoeg tyd hê vir ’n sport, stokperdjie of kreatiewe taak wat jou hart laat sing.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Konferensie met afgevaardigdes van verskillende provinsies, ’n oorsese sakereis of bevordering by die werk is in die volgende 13 maande ’n moontlikheid omdat Jupiter in jou loopbaansone geaktiveer is. Aanvaar die uitdaging!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke kan maklik in huishoudelike sleur vasgevang word. Vandag is ’n goeie tyd om jou huislewe te verander terwyl jy skoonmaak, onnodige items uitgooi en dinge in jou huis herorganiseer. Jy sal fantasties voel wanneer jy klaar is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jou maat verras jou dalk met ’n ongewone versoek. Party enkellopendes sal met die eerste oogopslag verlief raak. Jy is beslis nie in die bui om voorgesê te word wat om te doen nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met soveel planetêre aksie in jou sone vir welstand is dit tyd om jou liggaam te voed met voedsame en heerlike kos. Doen ook fisieke oefening wat jy regtig geniet.