Kort jy 'n weeklikse lag-inspuiting? Die nuwe Jou Show is terug – groter en beter!

[caption id="attachment_87783" align="aligncenter" width="600"]Kom kuier saam met Emo, Wicus, Anne Hirsch en al die lawwe trawante wat dapper genoeg is om die ateljee te besoek! Foto: Facebook Kom kuier saam met Emo, Wicus, Anne Hirsch en al die lawwe trawante wat dapper genoeg is om die ateljee te besoek! Foto: Facebook[/caption]

Emo verskyn met 'n splinternuwe stel en hierdie keer beman hy die skip stoksielalleen… Wel, soortvan! Sy regterhand en beste vriend, Wicus van der Merwe, vaar die veld in, en saam met die YouTube-koningin, Anne Hirsch, is hulle die program se nuwe veldaanbieders en vang hulle alle soorte dinge aan.

Hierdie nuwe seisoen van Jou Show beloof om nie teleur te stel nie, want die gaste is net so splinternuut en beeldskoon soos die nuwe stel.

Daar is optredes deur bekendes soos Corlea Botha, Wynand en Chereé, Elvis Blue, Amor Vittone, Anna Davel, Adam Tas, Joshua na die Reën, Johan C Venter, Joe Niemand, Brandon October en nog vele meer.

Die Take Note band is steeds in die ateljee en verskaf lewendige musiek wat jou tone van pure pret en plesier sal laat krul.

Kom kuier saam vanaf 17 November elke Maandag 20h30 op kykNET kanaal 144.