’n Groot verskeidenheid sportsoorte vind Sondag by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro plaas. Hier is ’n paar van die hoogtepunte:

  • Om 13:55 op SS6 begin die uitdunrondes in vroulike boogskiet.
  • Die kwalifiserende ronde in vroulike gimnastiek begin 14:50 op SS5.
  • Die tweede dag in die ruiterkuns uitdunne begin weer om 14:55 op SS8.
  • Ronde twee in vroue tafeltennis begin 15:45 op SS6.
  • Suid-Afrika se Olimpiese hoop, Chad le Clos, neem aan sy eerste item, die 200m-vryslag, deel om 18:19 vanaand op SS4.
  • Vanaand om 21:50 speel Groot Brittanje se manshokkiespan teen Nieu-Sseeland op S12A.
Australië boer tot dusver boaan die medaljebord met twee goue medaljes en een brons. Amerika se span het al vyf medaljes verower, een goud en vier silwer.

A photo posted by Chad Le Clos (@chadleclos92) on