Dit lyk of hierdie oulike brak weet hoe om homself heerlik te vermaak.

Die hondjie, wat op Liam se bure se erf rondgespeel het, het besef hy moet eers vinnig genoeg hardloop om spoed op te tel vir ’n hoë sprong om die ontwykende tou in die hande te kry.

Na talle mislukte pogings, kry brak se kind dit reg om vir ten minste 30 sekondes daar te hang, terwyl hy ’n paar ernstige bewegings uithaal.

“Jou hond kan nie dít doen nie”, was die byskrif van Liam se video wat al meer as 150 000 keer in drie dae gekyk is.

Kyk die video hieronder: