Die Twitter-gebruiker @afronomics is vaardig met tegnologie en het deur Siri, Apple se virtuele stemassistent, probeer uitvind op wie se slimfoon sy afgekom het.

Tot haar skok kon sy allerhande persoonlike besonderhede oor die mens kry.
En sy kon dit alles doen terwyl die foon gesluit was.
Die Twitter-gebruiker het die eienaar binne minute opgespoor, haar gebel en die foon oorhandig. Die meisie, wat haar foon in ’n openbare kleedkamer vergeet het, het nie ’n idee gehad haar persoonlike inligting was so maklik bekombaar nie.
Daar is gelukkig ’n taamlik vinnige oplossing vir iPhone-gebruikers, soos die barmhartige samaritaan @afronomics uitwys.