. Want sien – dié besondere handsak gaan klik wanneer jy jou kredietkaart te gereeld gebruik.

 

  Dis alles te danke aan die vernuftige uitvindsel van drie studente van die Duncan of Jordanstone-kunskollege. Kirsty Sneddon, Leanne Fischler en Rebecca Smith het besluit om verbruikers op ’n unieke manier bewus te maak van wat hulle werklik bestee. Hulle het vorendag gekom met ’n handsak waarin ’n sensor en klankstelsel geplaas is wat jou ontmoedig om te veel te bestee.
“O nee, nie alweer nie”

Van die vrae wat jy kan verwag van die pratende handsak, is: “Het jy dit regtig nodig?” en “Jou rekening is reeds oortrokke” in ’n dramatiese Cockney-aksent. Die handsak gaan jou ontmoedig om te veel te koop met: “Niks daarvan nie” en “Sit dit terug”. Die handsak is ook propvol menings: “Is dit nie te duur nie?” en “O nee, nie alweer nie.”

Moenie dink die handsak gaan jou toelaat om dit te ignoreer nie. Hoe langer jou kredietkaart buite die veiligheid van jou handsak is, hoe harder gaan die stem praat.

“Die toon van die handsak is veronderstel om irriterend, maar ook vriendelik te wees,” sê Kirsty (21).

Terloops, die sak is nie net vir vroue bedoel nie. Die ontwerp van die handsak is geskik vir vroulike en manlike inkopieslawe.

Bronne: rtlnieuws.nl, thecourier.co.uk