Nie net is hy benoem vir ’n Huisgenoot-Tempo-toekenning in die kategorie nuweling van die jaar nie, die ster van Joshua na die Reën en sy vrou, Danel, kry ook binnekort ’n nuweling van hul eie! Die sanger en sy vrou het pas aangekondig dat sy 15 weke swanger is.

“Dis seker my grootste droom wat waar word; ek onthou al van skooldae af hoe ek uitgesien het daarna,” sê hy opgewonde.

Hy vertel hulle aanvanklik gesukkel om swanger te word, maar dat die kleinding die “lekkerste verrassing ooit” is. “Danel gaan die beste ma wees, en ek’s so bly dat ons hierdie avontuur saam betree!”

Ander benoemdes in die nuwelingkategorie is Anneke Hanekom, Appelblou. Elvis Se Seun, Rozelle Blackie en Stephan Visagie.

& Stem sommer nou vir jou gunsteling, want een leser kan vanjaar met ’n luukse Suzuki ter waarde van R180 000 wegry. Dié model word eers in Junie in Suid-Afrika bekendgestel, so jy kan een van die heel eerste Suid-Afrikaners wees wat hiermee spog!

Stem so: SMS die letters TEM plus die kode langs die benoemde van jou keuse (sonder ’n spasie, byvoorbeeld TEME7) en jou naam en adres teen 28 Mei om middernag na 32113. Elke SMS kos R1 en slegs 20 stemme per selfoon word toegelaat.

Om op die web te stem, gaan na huisgenoot.com en volg die aanwysings.

Besoek ons kompetisieblad vir inligting oor al die benoemdes, asook hoe om vir hulle te stem. Nog inligting is ook in die nuutste uitgawe van Huisgenoot beskikbaar.

Die Huisgenoot-Tempo-toekennings vind op 3 Junie by Emporers Palace plaas. – Joshua Carstens