Die dertienjarige se ma, Amor Vittone, het die roerende oomblik die afgelope week op Instagram gedeel.

a personalised letter to Jordan from Jurgen Klopp! Wow.....how amazing. Jordan is speechless!!! #liverpoolfc

A post shared by Amor Vittone (@amor.vittone) on

’n Gedeelte uit die brief lui: "Ons weet dat jou pappa 'n groot Liverpool-ondersteuner was en ons is bly dat hy sy passie met jou gedeel het. Die brief wat jy aan hom geskryf het oor Liverpool-sokkerklub, het baie vir ons beteken en ons wil jou bedank vir jou ondersteuning.”

"Ons hoop jy koester die gelukkige herinnerings wat jy saam met jou pa gedeel het toe julle na Liverpool-sokkerklub gekyk het.”

Joost was ’n groot aanhanger van die klub.

Jordan het ook ’n T-hemp gekry wat deur al die Liverpool-spelers geteken is.

Kyk 'n mens so na Jordan se glimlag, kan ’n mens sien dat die seun uit sy vel van opgewondenheid was toe hy die pakkie ontvang.