Ampie het besluit om dié video te maak oor Joost se lewe en loopbaan omdat die oudrugbyspeler uit die staanspoor baie van die liedjie gehou het en dit gereeld by die J9-stiging se geldinsamelingsgeleenthede speel.

Hy deel ook foto’s van sy lewe in die musiekvideo. Die liedjie is op Ampie se album, Niks en Niemand. Ampie is ’n  groot ondersteuner van die J9-stigting en het daarom ook besluit om tussen nou en einde Februarie R1 aan die stigting te skenk vir elke CD wat verkoop word, en ook om in dieselfde tydperk R500 van elke nuwe konsertbespreking te skenk.