Amor het op Facebook en Twitter geskryf Jordan het vanoggend ’n kogleêre inplanting gekry. Die operasie behels dat ’n elektroniese toestel in die oor ingeplant word om dowes en hardhorendes te help hoor. “Jordan ontvang vanoggend ’n kogleêre inplanting. Ons is so trots op hom! Dit is sy tweede kans op gehoor. Wat ’n emosionele dag,” het Amor op Facebook geskryf.

'Die operasie het ongelooflik goed afgeloop.'

Later het sy ook bevestig als het goed gegaan tydens die operasie.

“Die operasie het ongelooflik goed afgeloop. Dit was ’n sukses. Dankie, dr. Mol. Ek is so trots op my pragtige seun,” het sy geskryf.

Amor Vittone