Jordan (13) is tans in Madrid, Spanje, waar hy Suid-Afrika by ’n sokkertoernooi verteenwoordig as lid van die Gauteng-distrik se o.13-span.

Sy ma, Amor Vittone, sangeres en aanbieder van Skoon-pa-se-tong op VIA, het tydens hul vertrek Saterdag 1 Julie foto’s van haar seun en sy spanmaats met hul paspoorte by die O.R. Tambo-lughawe op Facebook gedeel. 

“Die dag is hier. Die Gauteng-distrikspan gaan Suid-Afrika verteenwoordig. Paspoort in die hand en ons is reg.” 

Amor het ook haar ouers, Dario en Delyse Vittone, vir hul finansiële bydrae en emosionele ondersteuning bedank en geskryf: “Baie dankie, Pa, dat jy Jordan geborg het en ons toe ook met kaartjies en verblyf verras het. Dankie dat jy Jordan se droom bewaarheid. Lief vir jou!”.

En op Maandag 3 Julie het sy met skattige foto’s van Jordan op Facebook gespog: “Hulle het gewen! 1-0 met hul eerste wedstryd. Op pad na openingseremonie Donosti Cup in Sebastian.”