Eloise Retief (12) van die Voorbereidingskool Auckland Park in Johannesburg het dié koel liedjie self geskryf en opgeneem. Sy sê dit gaan oor “hoe dit voel as mense my nie aanvaar soos ek is nie”.

Dit het haar ’n maand geneem om die liedjie te skryf. Eloise sê sy is dol oor musiek, maar het nog nie besluit of sy ’n loopbaan as ’n liedjieskrywer of sangeres wil volg nie. En wat dink haar vriende van haar talent? “Hulle sê ek sing mooi.”

Sy is ’n groot aanhanger van Taylor Swift en het nog ’n liedjie geskryf, maar sê dis nog nie klaar nie.