Die meisie wat sowat 18 jaar gelede uit die Groote Schuur-hospitaal gesteel is, sal na verwagting nie gevra word om in die saak teen haar vermeende ontvoerder te getuig nie berig Netwerk24.

Zephany Nurse (18) is vermoedelik 18 jaar gelede uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer.

Zephany se naam is nie op die lys van getuies op die klagstaat wat Dinsdag aan die beskuldigde in die Kaapstad-landdroshof beteken is nie.

Die beskuldigde, ’n vrou in haar vyftigs, het Dinsdag kort ná 15:00 vlugtig in die hof verskyn. Haar naam is aan Die Burger bekend, maar mag ingevolge ’n hofbevel nie genoem word nie.

Die naam wat Zephany se “grootmaak-ma” aan haar gegee het, mag ook nie ingevolge die hofbevel bekend gemaak word nie.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

‘Só het ek my been verloor’ – oud-Kovsie eis R16?m. van universiteit

8-jarige beswyk aan haar wonde