Hy word in die waaksaal in ’n geïnduseerde koma gehou.

Theunis was Maandag in ’n ongeluk by die Garsfontein-afrit in Pretoria betrokke nadat ’n bakkie van agter teen sy motorfiets vasgery het. Sy regterarm is in die ongeluk vergruis en is bokant die elmboog geamputeer.

Theunis het onder meer naam gemaak met ’n rol in Egoli en was ook voorheen ’n aanbieder op Pasella. Meer onlangs was hy te sien as aanbieder van die kykNET-program Woema.

Anria van Heerden, Theunis se mede-aanbieder op Woema, het Woensdag op Facebook gesê: “Tans is daar geen verandering by Theunis Nel nie. Hy is steeds kritiek, maar elke dag meer stabiel.”

Volgens Netwerk24 het Theunis met sy BMW 1150 GS gery toe hy gegly het, moontlik op ’n oliekol.

Twee motors het Nel in die middel van die pad vermy, maar ’n bakkie wat ook gegly het, het hom getref.

Bronne: Facebook, Netwerk24