Die sogenaamde Springs-“monster” is Maandag in die hooggeregshof in Delmas vir psigiatriese evaluering na die Sterkfontein-hospitaal gestuur berig Netwerk24.

Daar word gewag vir ’n bed vir hom by dié hospitaal en hy bly in aanhouding.

Die 37-jarige man en sy vrou (36) se verhoor het Maandagoggend begin, maar die saak is laatoggend tot 17 November uitgestel.

Die vrou se borgtog is verleng.

Die egpaar staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, verkragting, kindermishandeling en dwarsboming van die gereg.

LEES MEER HIER