.

Volgens Netwerk24 is Martin van Breda (55), sy vrou, Teresa (54), en hul oudste seun Rudi (22) omstreeks 07:00 dood in hul huis gevind.

Die jongste lid van die gesin, Marli (16), is met ernstige beserings in die hospital opgeneem en het ’n operasie ondergaan. Haar toestand is glo kritiek, maar stabiel.

Die egpaar se ander seun, Henri (20), wat ook in die huis was, het oorleef.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die moorde is tans ’n raaisel en niemand is nog in hegtenis geneem nie. “Verskeie mense word tans ondervra.”

Volgens die De Zalze se huiseienaarsvereniging, was daar geen skending van die landgoed se veiligheidstelsel nie.

Martin is ’n suksesvolle sakeman en hy het onder meer die eiendomsmaatskappy Engel & Völkers se Australiese filiaal besit. (Lees meer oor sy sakebelange op Netwerk24.)

Die gesin het ’n tyd lank in Perth gewoon, maar hulle woon sedert middel verlede jaar in Stellenbosch.

Bronne: Netwerk24, IOL, Times Live