Slegs 37 liggame is gevind sedert Vlug 8501 op 28 Desember geval het. Daar is kommer dat dit moeliker sal word om die oorblywende 125 lyke te vind.

“Tyd is van kritieke belang,” sê die Nasionale Soek-en-reddingsagentskap se direkteur van operasie, Suryadi B. Supriyadi. “Maar dit lyk asof dit moeilik is om die weer te klop.”

Indonesië het onder ’n reeks ongelukke deurgeloop vandat dit sy lugvaartindustrie in die 1990’s dereguleer het. So het tientalle nuwe vliegtuie lugvervoer vir die eerste keer meer bekostigbaar gemaak vir talle in die land wat die vierde meeste digbevolk in die wêreld is.

- Sapa