Die Australiese nuuskanaal, 7 News Adelaide, het kort gelede ontstellende inligting bekend gemaak na afloop van die gyselaarsdrama.

Die stasie het tydens die voorval ’n oproep ontvang waartydens ‘n man gesê het: “Dit is vir IS, dit is vir Al Kaïda,” terwyl hulle ’n vrou in die agtergrond hoor gil het. Sowel die stasie as die polisie glo dat die oproep vanuit die woonstelblok gemaak is war die gyselaarsdrama afgespeel het.

‘n Gewapende man en nog ‘n persoon het tydens die voorval gesterf. Twee polisiemanne is ook gewond.

Die polisie stel verdere ondersoek in om vas te stel of dit wel ‘n terreuraanval was of nie.

Vroeër vandag

Ahron Young het vertel hoe die polisie op omstanders skree om hulle uit die voete te maak.

Volgens 7 News Sydney is daar minstens een vrou wat as gyselaar aangehou word en dat ’n man tydens die voorval doodgeskiet is.

Die polisie het rondom 04:00 (Australiese tyd) die man se liggaam in die voorportaal van die Bay St-woonstelblok gevind.

Daar word ook melding gemaak van ’n ontploffing wat gehoor is.

Intussen is alle paaie in die omgewing gesluit.