’n jong Suid-Afrikaanse wildvanger en jakkalsjagter veg om sy lewe na die helikopter waarin hy gevlieg het, geval het berig Netwerk24.

Jason Badenhorst (27) lê in ’n kritieke toestand in die neuro-intensiewesorgeenheid van die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein.

Die ongeluk het Donderdag op ’n plaas naby Richmond in die Noord-Kaap gebeur terwyl sy verloofde, Lauren Senekal (22), toegekyk het. Lauren en ander het met ’n bakkie die helikopter gevolg om die swart springbokke te kry soos wat Jason hulle uit die helikopter met ’n netgeweer geskiet het.

“Ek dink die stert-rotor van die helikopter het losgekom en in die nette wat uitgeskiet word om die wild te vang, verstrengel geraak. Skerwe van die boonste rotor het Jason teen die kop getref,” het Lauren aan Netwerk24 gesê.

“Die vlieënier, Kobus Crouse jr., het kopgehou en die helikopter afgeskakel voordat dit geval het. Kobus het nie seergekry nie, maar Jason was kritiek nadat die helikopter neergestort het.”

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24

‘Oulike’ handsak deurgesoek, Clicks moet R25?000 betaal

Nog ’n slag vir Bokke: Duane Vermeulen onder die mes