’n Een-en-twintigjarige vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar broer in Dutywa in die Oos-Kaap doodgesteek het.

Sy beweer haar broer (40) het haar verkrag sedert sy sewe jaar oud was, al is dit nooit by die polisie aangemeld nie, sê kapt. Jackson Manatha.

Haar broer is Maandagaand by Ndakeni in die bolyf gesteek en is op die toneel dood.

Die vrou sal na verwagting later Woensdag in die hof verskyn.