In wat die polisie as ’n “aaklige” ongeluk beskryf, is Christa Engles van Tulsa, Oklahoma, in die kop geskiet nadat die kleuter ’n gelaaide semi-outomatiese pistool in die hande gekry het.

Christa se ma, wat saam met Christa, haar man en twee kinders gewoon het, het by die huis gekom en op die twee bloedbesmeerde kinders afgekom.

Christa is in ’n “ernstige toestand” hospitaal toe geneem. Sy is om 17:38 dood verklaar.

Soos die kleuter vervoer is om deur die polisie ondervra te word, het hy herhaaldelik gesê: “Mamma geskiet.”

Een van die bure het aan joernaliste gesê die kleuter het die pistool onder ’n rusbank gevind.

Volgens Tulsa World is kinderspesialiste ingeroep om die seun te ondervra en “het bevestig wat die bewyse voorgestel het”.

“Ons dink dit is ’n aaklige, aaklige ongeluk,” her sers. Dave Walker gesê. “Die bure, familie, kollegas en kerkgemeenskap ondersteun hierdie gesin in hierdie aaklige tyd.”

Die polisie het blykbaar gewag dat Christa se man, die vragmotorbestuurder Brian Engles, by die huis kom voor hulle die nuus bekendgemaak het.

Bronne: kjrh.com, tulsaworld.com, myarklamiss.com, nydailynews.com, mirror.co.uk